Kontraktereg in Suid Afrika 2nd Edition

In Stock

R550.00

Available on back-order

SKU: 9780199056132 Category:

Product Description

Kontraktereg in Suid-Afrika, tweede uitgawe, beoog om kontrakteregsbeginsels en -praktyk op sodanige wyse te behandel dat dit ‘n nougesette en boeiende inleiding tot hierdie regsgebied sal verskaf. Omdat dit geskryf is met die oog op die ontwikkeling van begrip en fundamentele akademiese vaardighede, is hierdie werk ‘n handboek van onskatbare waarde vir studente wat die kontraktereg as deel van hul LLB-leergang moet bemeester.

Hierdie boek verskaf ‘n uitvoerige verduideliking van die kontraktereg in kernagtige en toeganklike formaat, deur die gemeenregtelike, statutêre en grondwetlike komponente daarvan saam te snoer. Vanweë die praktiese en pedagogiese aanslag daarvan is die werk op toegepaste, kritiese en denkende studie, asook die kweek van
onafhanklike akademiese vaardighede toegespits.

Die tweede uitgawe van Kontraktereg in Suid-Afrika bevat ‘n nuwe hoofstuk waarin die Verbruikerswet 68 van 2008 behandel word ten einde die invloed en belangrikheid daarva n binne die opset van die kontraktereg te verduidelik. Die tweede uitgawe is ook ‘n nuttige bron vir sowel nagraadse kursusse, as vir regspraktisyns wat opheldering oor nuwe of fundamentele beginsels van hierdie regsgebied verlang.

Additional information

Pages :

Author :

Course codes:

Edition: