Familiereg in Suid Afrika

In Stock

R593.00

Available on back-order

SKU: 9780199044573 Category:

Product Description

Familiereg in Suid-Afrika bied n ryke bron van vakkundigheid, asook ‘n lewendige en toeganklike inleiding tot die beginsels van die familiereg.

Deur die gemeenregtelike, statutêre en grondwetlike komponente van die familiereg saam te snoer, verskaf hierdie werk ‘n deeglike en insiggewende oorsig van die mees onlangse leerstof wat vir n voorgraadse LLB-kursus in die familiereg onontbeerlik is, met inbegrip van sleutelonderwerpe wat tot die vakgebied bygevoeg is deur:
Die Children’s Act (Kinderwet) 38 van 2005
Die Civil Union Act (Wet op Burgerlike Verbindings) 17 van 2006.

Familiereg in Suid-Afrika is n ryke, pedagogies gegronde leerboek. Die teks is daarop toegespits om die ontwikkeling van noodsaaklike begripsmatige en akademiese vaardighede in die hand te werk, soos kritiese denke, besinning, logika en analise – vaardighede waaroor mens moet beskik ten einde onafhanklik en oordeelkundig met regsbeginsels om te gaan.

Additional information

Author :

PUBLISHER

Oxford University Press

Availability

7-8 Days