Dramateks, Die – ’n handleiding

In Stock

R370.00

Available on back-order

SKU: 9780627022043 Category:

Product Description

Hoe ontleed ons ‘n drama? Hoe benader ons die feit dat ‘n drama meestal geskryf is om opgevoer te word? Watter invloed het die opvoeringsgerigtheid van ‘n drama op aspekte soos die karakters, die tyd en ruimte, asook die drama se struktuur?

Hierdie vrae en meer word in Die dramateks: ‘n handleiding op ‘n eenvoudige en toeganklike wyse beantwoord. Die dramateks gee sowel ‘n basiese inleiding tot die moderne dramateorie as praktiese riglyne oor hoe om ‘n dramateks te analiseer, en is ‘n nuttige gids vir beide dosente en studente. Die teorie word deurgaans verduidelik en geillustreer aan die hand van voorbeelde uit meer as dertig bekende Afrikaanse dramas.

Marisa Keuris is ‘n dosent in die Departement Algemene Literatuurwetenskap aan Unisa en het uitgebreide ondervinding in die onderrig van dramateorie op beide voorgraadse en nagraadse vlak. Sy is die outeur van Dramateorie vandag: die bydrae van die drama- en teatersemiotiek en het talle artikels oor die dramateorie gepubliseer.

Additional information

Author :

PUBLISHER

Van Schaik

Availability

7-8 Days

X