Assessering in Opvoedkunde 2nd Edition

In Stock

R395.00

In stock

SKU: 9780627032806 Category:
Pages :

Author :

Course codes:

Product Description

Assessering en leer is onlosmaaklik vervleg, aangesien assessering bepaal of leer plaasgevind het, watter leer plaasgevind het en watter leer nog moet plaasvind. Assesseerders is konstante metgeselle dwarsdeur leerders se lewens, wat die leerpad en die leertempo bepaal. Assesseerders moet dikwels besluite neem wat die leerders se toekoms kan rig. Assessering in Opvoedkunde beskryf die reis van assessering en verskaf waardevolle inligting en riglyne om die pad makliker te maak.

Assessering in Opvoedkunde stel ‘n verskeidenheid temas en uitdagings betreffende assessering in Graad R tot Graad 12 bekend. Daar is afdelings vir onderskeidelik die Grondslagfase, Intermediêre Fase, Senior Fase, Verdere Onderwys en Opleiding vir skole en Verdere Beroepsonderwys en Opleiding.

Professor Johann Dreyer is werksaam aan die Universiteit van Suid-Afrika en het reeds duisende studente voorberei om hulle rol as assesseerders te vervul. Hy bied ook ‘n assesseringskursus vir dosente by Unisa en ander universiteite aan. Hy is lid van die Assessors’ Standards Generating Body, en het verskeie assesseringskursusse ontwikkel, help ontwikkel, en aangebied.

Additional information

Pages :

Author :

Course codes:

X